Weeg & Wen Kompetisie
Ons jaarlikse opbrengskompetisie is oop vir Suid Afrikaanse graanboere (18+) wat ten minste twee hektaar SA-geregistreerde Pioneer mielie-, sojaboon-, of sonneblom variёteite plant.
Die Pioneer Weeg & Wen Kompetisie is hier! ‘n Dekade van toewyding, innovasie en groeiende sukses – hierdie jaar vier Weeg & Wen 2025, 10 ongelooflike jare van oesopbrengste.
Pioneer, ‘n wêreldleier in plantgenetika, ondersteun boere met hoё-kwaliteit saad en lanboukundige advies om produktiwiteit en volhoubaarheid te verbeter. Hierdie kompetisie bied vir boere die geleentheid om innoverende produksiepraktyke te toets om sodoende die hoogste opbrengste te bewerkstellig.
Om in te skryf vir die Graan SA Groei Vir Goud Kompetisie, moet Pioneer boere inskryf vir die Weeg & Wen kompetisie, met behulp van hulle Pioneer Agent, om sodoende ‘n geldige inskrywing te verseker en ‘n kans te staan om te wen.
Vorige Wenners
Dit is met dank aan ons lojale boere wat elke jaar inskryf vir Weeg & Wen, dat dit vir ons moontlik is om die sukses van die kompetisie te sien en ook die opbrengsverbeteringe en nuwe praktyke wat getoets word.
Wat Is Die Pryse?
Paragraph – Wanneer jy inskryf vir Weeg & Wen en jy is een van die top 3 finaliste in ‘n kategorie, stuur ons jou inskrywing na Graan SA se Nasionale Groei vir Goud Kompetisie.
Inskrywingsgeld, ter waarde van R1,000 is gratis!
By Groei vir Goud kan jy kontantpryse wen per kategorie.
Indien jy ‘n wenner is in een van ons Weeg & Wen se 5 hoof-kategorieё, wen jy ‘n naweek-weg prys, na die plek van jou keuse, ter waarde van R15,000.
Die 5 hoof-kategorieё is:
Algeheel Mielies Droёland - Oos
Algeheel Mielies Droёland Wes
Algeheel Mielies Besproeiing
Algeheel Sojabone
Algeheel Sonneblomme
Reëls en Regulasies geld
2025 Kategorieё
Sonneblom-inskrywing: Bykomende Vereistes
Vir alle sonneblom-inskrywings moet daar ‘n monster ingedien word. Dit kan enige monster groter as 250g wees, solank dit die oorspronklike monster verteenwoordig.
